Laerskool Horison het onlangs hul mooistes tydens ‘n spoggeleentheid gekroon.
Vanjaar se Mnr Horison is Armand Boshoff en Mej Horison Nina Smith, terwyl Schalk Pretorius en Kaylee Smith as Mnr en Mej Sprankel aangewys is.
Die wenners van die talentkompetisie was ook aangekondig. Die kategorieë waarin leerlinge kon deelneem was drama, dans, sang en instrumentaal.
Volgens Louise Kritziner van die skool “was dit waarlik ‘n luisterryke aand, en elkeen is bederf met ‘n pragreis deur ‘n sprokieswonderland”.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



