Local newsNewsSchoolsUpdate

Blikore spog met die hoogste matriekslaagsyfer

Gauteng sak terug na die derde plek.

Die trofeë vir die provinsie wat met die beste matriekuitslae vir 2013 spog, gaan iewers in die Vrystaat staan.

Toe die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga op Maandagaand 6 Januarie die 2013-matriekuitslae in Johannesburg aankondig, was dit duidelik dat die Vrystaat-provinsie met die hoogste slaagsyfer van 87,4 persent spog.

Noordwes het die tweede plek behaal en was kort op die Vrystaters se hakke met 87,2 persent. Die Gauteng-provinsie met sy 87 persent moet met die derde plek tevrede wees.

Die Wes-Kaap is vierde met ‘n slaagsyfer van 85,1 persent gevolg deur KwaZulu-Natal met 77,4 persent, Mpumalanga met 77,6 persent, Noord-Kaap met 74,5 persent, Limpopo met 71,8 persent en die Oos-Kaap met 64,9 persent.

Suid-Afrika se slaagsyfer vir die klas van 2013 is 78,2 persent en daar word gesê dat dit die hoogste slaagsyfer sedert 1994 is.

Gee gerus jou siening oor die 2013-matriekuitslae op ons webwerf by www.roodepoortrecord.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button