Met die nuwe akademiese jaar wat op 15 Januarie afgeskop het, het Laerskool Gustav Preller nie net hope Graad 1’s en Graad R’e verwelkom nie maar ook ‘n handvol tweelinge en kan jy glo, ‘n vierling.
Volgens die skool het 54 Graad R’e en 116 Graad 1’s vanjaar by die skool aangesluit.
Daar is een vierling en drie tweelinge vir 2014 ingeskryf. Die vierling bestaan uit drie broers en een suster, en almal se name begin met die letter ‘M’.
Die eerste van die drie tweelinge bestaan uit twee susters wat identies lyk, terwyl die ander twee tweelinge elk uit ‘n broer en ‘n suster bestaan.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



