Local sportNewsSchoolsSport

Havies-hokkiespelers vir D12 Distrikspan gekies

'Die leerders sal teen die einde van die jaar begin oefen vir volgende jaar se wedstryde en toernooie.'

Nege Havie-hokkiespelers het onlangs hul skool se naam hoog gehou toe hulle in die onderskeie D12 Distrikspanne opgeneem is.

Volgens hokkie-organiseerder en o.12-dogterspanafrigter, Alet Blom is die spanne verlede week aangekondig.

“Die leerders sal teen die einde van die jaar begin oefen vir volgende jaar se wedstryde en toernooie. Hulle het hard gewerk om tot hier te kom en hulle is verskriklik opgewonde oor die hokkieseisoen wat voorlê,” het sy vertel.

Hierdie leerders het die onderskeie Distrikspanne gehaal:
o.12-seuns
• Xian Nienaber
• Divan Lubbe
• Keagan Grobler

Chené Theron, Xian Nienaber, Alet Blom, Divan Lubbe en Keagan Grobler is opgewonde oor die seisoen wat voorlê. Foto: Alanicka Lotriet.

o.12-dogters
• Chené Theron

o.13-dogters
• Zwané Britz
• Lara Erasmus
• Khanyisile Sithole

Francois Botes, Zwané Britz, Lara Erasmus, Khanyisile Sithole en Ethan Hulme is opgewonde oor die seisoen wat voorlê. Foto: Alanicka Lotriet.

o.13-seuns
• Francois Botes
• Ethan Hulme

Laerskool Dr Havinga is trots op die leerders en wens hul alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button