Local newsNewsSchools

Bastion straatkilo lok die fikses

Daar was nagenoeg 1 000 deelnemers.

Hoërskool Bastion het onlangs hul jaar op ‘n hoë noot afgeskop toe hulle hul jaarlikse Bastion Straatkilometer aangebied het.

Op Donderdag, 13 Januarie is ‘n gedeelte van Trezonalaan afgesper en is gou gevul met geweldige gees, interessante uitrustings en lekker musiek. Volgens organiseerder, Quintus Writes is talle naburige laer- en hoërskole uitgenooi om in die pret te deel.

Zané Campher en Tnya Syffert. Foto: Alanicka Lotriet.

Daar was nagenoeg 1 000 deelnemers, elkeen met ‘n doel voor oë – om ‘n persoonlike rekord te verbeter; om 1km in ‘n tutu af te lê; of om sommer net ‘n middag van jolligheid saam met maats deur te bring.

“Die Straatkilometer is ‘n jaarlikse tradisie wat al vir baie jare plaasvind. Die fondse gaan gewoonlik vir die jaar se atletiekbyeenkomste, alhoewel dit nie die enigste fokus is nie. Ons wil hê die leerders moet hulself geniet terwyl hulle aktief is,” het Quintus vertel.

“Die vorige Straatkilometer is in Januarie 2020 aangebied. Ons moes ongelukkig die 2021-byeenkoms afstel as gevolg van Covid. Daarom was ons baie opgewonde om dit vanjaar weer te kon aanbied. Ons hoop dat die Straatkilometer oor die volgende paar jaar sal groei tot ‘n groot jaarlikse byeenkoms wat ernstige atlete insluitend senior professionele atlete sal lok.”

Arné Bouwer en Shane Henery is gereed vir die wedloop. Foto: Alanicka Lotriet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button