NewsSchools

Gauteng netbalproewe ‘n reuse sukses

Die Gauteng Skolenetbalproewe is in volle swang.

Hoërskool Florida se netbalbane was in rep en roer toe die eerste rondte van die 2025 Gauteng Skolenetbalproewe oor die langnaweek plaasgevind het.

Topgehalte spel tydens die Gauteng Netbalproewe.

Honderde meisies van verkeie streke in Gauteng het op 21 en 22 Maart op die skool toegesak vir hulle kans om vir die gesogte provinsiale span gekeur te word.

Volgens Gauteng Netbalwoordvoerder, Liandri Le Roux, het daar boonop skeidsregtergradering terselfdertyd plaasgevind, wat tot die warboel en geesdrif van die dag bygedra het.

“Ons jaarlikse proewe is altyd ‘n hoogtepunt,” sê sy. “Ons skole is hard aan die oefen met spelers, afrigters en skeidsregters wat uitsien na ‘n wonderlike seisoen vol opwinding.

“Al die distrikte is gefynkam en spelers het deur verskeie reekse proewe gegaan om hulle plekke by diè proewe te verseker.

“Dit was ‘n besige, maar uiters suksevolle naweek.”

Hoërskool Florida se netbalbane was tot barstens toe gepak met belowende spelers van regoor die provinsie.

Hoërskool Florida speel weer op 21 April gasheer vir die finale proewerondtes.

“Ons moet Hoërskool Florida en hul personeel bedank vir die gebruik van hul ongelooflike fasiliteite, wat ‘n sleutelfaktor tot die sukses van die naweek se netbal was.

Die afgelope langnaweek se Gauteng Netbalproewe het vir groot opgewondenheid gesorg.

“Ons is ook baie dankbaar vir elke speler, keurder, gradeerder, afrigter, skeidsregter, en natuurlik vir elke ondersteuner wat die bloedige son trotseer het om ons dogters aan te spoor.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button