Local news

Man met neurologiese versteuring raadop, vra publiek om hulp

Frik van Staden lewe al langer as 40 jaar met die aftakelende kondisie.

Frik van Staden is, so ver soos sy kennis strek, een van die mense in die wêreld wat die langste met sy gesondheidskondisie saamleef.

Volgens Van Staden, is hy, nadat hy op negejarige ouderdom deur ‘n kar raakgery is, met Goedaardige Essensiële Tremor gediagnoseer.

Die kondisie veroorsaak onbeheerbare bewing in al sy ledemate tydens beweging, byna soos die berugte Parkinson’s se siekte, behalwe dat met essensiële tremor, bewing alleenlik tydens die gebruik van ledemate voorkom, anders as Parkinson’s se siekte, wat permanente bewing, selfs in ‘n staat van rus veroorsaak.

Frik van Staden (regs) saam met twee van sy oorlewende kinders. Foto ingestuur.

Die siekte het ‘n geweldige uitwerking op sy lewe en maak van die eenvoudigste taak, soos om sy selfoon te gebruik, koffie te maak, of om te skryf, ‘n senutergende en uiters frustrerende oefening.

“Ek is dit nou al so gewoond,” sê Van Staden, terwyl hy al bewend na ‘n foto van sy kinders op sy selfoon soek.

As enkelpa van vier kinders moes hy oor die jare voortdurend raap en skraap om kos op die tafel en ‘n dak oor die gesin se koppe te hou, insluitend deur te bedel. Totdat hy, as gevolg van sy bewing en die feit dat dit sy balans affekteer, weer deur ‘n kar gestamp is.

“Wat anders kan mens doen? My gebewe maak dit onmoontlik om ‘n ‘gewone’ werk te doen,” sê hy.

Boonop het hy verlede jaar sy oudste seun op 19-jarige ouderdom aan die dood afdgestaan.

“Dit het my amper gebreek,” sê Van Staden. “Maar ek het drie ander kinders wat op my staatmaak om te voorsien. Ek is vasberade om vir hulle die beste te doen wat ek kan.”

Ten spyte van sy siekte het hy ‘n merkwaardige sangstem, en het hy, in die jare toe hy nog kon bestuur, gereeld as sanger by markte, feeste, winkelsentrums, en ander samekomste opgetree.

Hy het selfs al ‘n album opgeneem en vrygestel.

Lees ook: Join Warriors with a Purpose’s cancer awareness event

“Die geleentheid om op te tree doen homself deesdae maar selde voor,” sê hy.

“Dis maar moeilik vir my om by die plekke uit te kom. Ongelukkig is baie van my musiektoerusting ook nou al so verouderd. Alhoewel ek nooit die kans om op te tree as ek dit kan verhelp laat verbygaan nie.”

Volgens Van Staden was die gemeenskap van Roodepoort nog altyd net goed vir hom.

“Ons het oor die jare al so baie hulp vanuit die oorweldigend goedgesinde gemeenskap ontvang.

“Ongelukkig is dit, veral in die huidige ekonomie, nie altyd moontlik vir mense om te kan help nie.”

Die ewige optimis, bly hy vasberade om sy hegte gesin te bly ondersteun, maar besef dat hy dit nie sonder hulp sal kan doen nie.

Indien jy hom kan help, op enige manier, of indien jy weet van ander wat in so ‘n situasie is, kontak Van Staden by 061 862 3909.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button