Schools
Roodepark Skool huldig nuwe VLR in
Roodepark Skool het hul 2025 verteenwoordigende leerlingraad aangewys.
Roodepark Skool het tydens ‘n glansgeleentheid op 7 November hul verteenwoordigende leerlingraad (VLR) vir 2025 bekendgestel.
Volgens die skool se bemarkingsbeampte, Nicole Rule, sal Andrè Scoble vir die volgende jaar die hoofseunspos beklee en Jessica Reid die rol van hoofdogter vervul.
Christiaan Jacobs en Vuyani Maerman sal die onderhoofseunsposte beklee, en Macqzeen Oktober is onderhoofdogter.
“Ons wens ons VLR vir 2025 alle sterkte toe, en ons weet sommer klaar julle sal julle uitstekend van julle taak kwyt,” sê Rule.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



