Roodies-tweelinge sorg vir dubbel die pret
Laerskool Roodekrans spog hierdie jaar met 'n rits tweelinge.
Laerskool Roodekrans spog hierdie jaar met ‘n hele rits tweelinge wat die nuwe skooljaar saam aanpak.
Volgens die skool se mediabeampte, Liandri le Roux, is diè Graad R en Graad 1 maats baie opgewonde om saam hierdie nuwe avontuur in die ‘groot skool’ te begin.
“Tweelinge bring maar altyd ‘n spesiale energie en dinamiek wat die skooljaar vol dubbelle pret maak,” het sy gesê.

Alexander en Felix Antonites (regs agter), Janco en Juandré Pieterse (regs middel), en Elané en Eben Strauss (regs voor).
“Of dit nou op die sportveld, in die klaskamer, of by ekstrakurrikulêre aktiwiteite is, hulle is altyd saam; ondersteunend, mededingend, en vol idees.
“Hierdie tweelinge werk dikwels as ‘n span wat mekaar aanmoedig om hulle beste te wees en bring ‘n unieke balans van vriendskap en mededinging.
“Dit is duidelik dat hulle nie net die akademiese uitdagings van die jaar aanpak nie, maar ook die opwindende, soms stresvolle oomblikke van die skooldag saam geniet wat elke dag ‘n bietjie meer pret en avontuur maak.”



