Kruiners verwelkom nuwe personeel
Laerskool Helderkruin stel hul nuwe onderwysers aan die gemeenskap voor.
Laerskool Helderkruin het vanjaar ‘n hele string pêrels by hul lyn gevoeg met die aanstelling van nuwe onderwysers en onderwysassistente vir hierdie akademiese jaar.

Volgens die skool se skakelbeampte, Christelle Herselman, sluit Shanelle McDonald as graad RR-assistent by die onderwysspan aan, terwyl Franco Erasmus die nuwe intersenfase-assistentpos beklee.

Danielle Strydom tree in as graad RR onderwyseres en Stephany du Plessis as graad een aflos.

Anneli Frits, Marie Mitchley en Michelle van Wyk is die nuwe graad drie onderwysers, terwyl Louis van Wyk die rekenaarsentrum en Robotikaklas oorneem.

Laaste maar nie die minste nie is Marius Bushney as die skool se nuwe dissiplinêre hoof aangestel.

“Ons verwelkom die nuwe toevoegings tot ons onderwysspan en wens hulle alle sterkte toe by Kruiners,” sê Christelle.






