Schools

Horison-leerders ervaar die vreudge van stories

Hories doen hul deel om die vreugde en voorreg van lees uit te leef.

Laerskool Horison het weer hul deel gedoen om geletterdheid onder hul leerders te bevorder deur Wêreld-hardopleesdag (5 Februarie) te vier.

Gr 5-leerders het die buitelug verkies om te lees.

Volgens die skool se bemarkingsbeampte Maria-Lise Pieters het die skool ter viering van hierdie spesiale dag vir kinders die geleentheid gebied om die vreugde en voorreg van stories te geniet deur hardop vir mekaar binne en buite die klaskamer voor te lees.

Minique Pretorius en Evané Human bewys dat mens kan lees net waar jy wil.

“Ons vier graag hierdie dag en beklemtoon die belangrikheid van lees,” sê sy.

Wêreld-hardopleesdag word jaarliks gevier om lees onder die jeug te bevorder en die wêreldwye geletterdheidskrisis aan te spreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button