Schools

Hories blink uit in Superreeks

Horie-leerders stel hul taalvaardigheid ten toon.

Laerskool Horison redenaars het op 5 Maart hul jaarlikse Superreeks Redenaars geleentheid aangebied en hul taalvaardigheid en insig met skerp vernuf ten toon gestel.

Volgens die skool se skakelbeampte, Maria-Lise Pieters, het nege skole, insluitend laerskole Randfontein, Muldersdrif en Louw Geldenhuys op die dag deelgeneem en was die mededingingsvlak van al die leerders uitsonderlik.

“Ons is so trots op al die leerders wat hul talent en harde werk hier kom uitstal het,” sê sy en voeg by dat die sukses van die geleentheid nooit behaal sou kon word sonder die puik organisering van juffrou Heide de Beer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button