Roodepark Skool se atlete het gesorg vir baie asemrowende oomblikke tydens vanjaar se Gauteng Skole Atletiekbyeenkoms.

Skoolskakelbeampte, Nicole Rule, sê daar was soveel uitstaande oomblikke tydens die kompetisie en dat Roodepark-atlete deurgaans uitgeblink het.
“Die gees was hoog en ons atlete het die geleentheid ten volle benut om al hul harde werk en voorbereiding ten toon te stel in die aanloop tot die byeenkoms.
“Toe die stof uiteindelik gaan lê het, het 22 van ons atlete deurgedring na die SA’s wat op 2 April in Bloemfontein plaasgevind het.

“Dit is ‘n reuse prestasie vir ons skool en ons is ongelooflik trots op al die toewyding wat hierdie atlete in hul verskillende sportdissiplines getoon het.”



