Schools

Roodies neem SA’s op horings

Roodie-atlete het uitstekende prestasies by die onlangse SA Skole-atletiekbyeenkoms aangeteken.

Laerskool Roodekrans se atlete het tydens die SA Skole-atletiekbyeenkoms op 20 en 21 Maart vir baie opwinding op die atletiekbane van Germiston-stadion gesorg.

Pieter van Rensburg is eerste oor die wenstreep in die o10-aflositem.

Roodies het by hierdie kompetisie teen van die land se top-atlete te staan gekom en in ware Roodie-tradisie het hulle hul skool se naam hoog gehou deur uitstekende prestasies in ‘n menigte sportdissiplines te handhaaf.

Pieter van Rensburg behaal ‘n eerste plek in die o10-aflos en ‘n sewende plek in die 100m.

Die gewigstoter van groot formaat, Luke Pretorius (o12), het die eerste plek net-net misgeloop en tweede geëindig, net 0.05m agter die voorloper.

1 500m atleet, Armand Botha.

Aaron Anderson het ‘n formidabele poging in die o13-spiesgooi aangewend en vir homself, en sy skool, ‘n vyfde plek verseker.

Langasem Armand Botha het ondanks strawwe kompetisie ‘n indrukwekkende vyfde plek in die 1 500m met ‘n volgehoue pas behaal.

“Ons Roodie-harte bars van trots,” sê die skool se skakelbeampte, Liandri le Roux. “Elkeen van ons atlete het hul absolute beste gelewer en ons skool op ’n waardige wyse op die nasionale verhoog verteenwoordig.

“Baie geluk aan elke Roodie wat alles gegee het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button