Schools

Hories bekroon top spellers

Hories wys hul staal in jaarlikse spelkompetisie.

Laerskool Horison het op 5 Mei hul hoogs gewilde jaarlikse spelkompetisie aangebied.

Volgens die skakelbeampte, Maria-Lise Pieters – wat ook elke jaar dié kompetisie reël en aanbied – word die spe(e)lveld in die weke voor die kompetisie tot die top 10 in elke graad uitgedun.

“Die kompetisie was ’n astronomiese sukses,” sê sy.

“Die top 10 spellers van graad vier tot sewe het die aand teen mekaar meegeding, elkeen vasbeslote om die topposisie in sy of haar graad te behaal.”

Pieters verduidelik dat die kompetisie se openingsrondtes met makliker, relatief bekende woorde afgeskop het, maar dit is doelbewus so ontwerp dat die uitdagings toeneem namate die rondtes vorder. So is die koring van die kaf geskei totdat daar uiteindelik net een wenner per graad oorgebly het.

Die graad vier-wenner was Adanjé Scholtz, terwyl Calsea van Niekerk die topposisie in die graad vyf-kompetisie beklee het.

Tiamé du Preez het die eerste plek in die graad ses-kategorie behaal, en in die graad sewe-afdeling het Marinique de Waal uiteindelik die septer geswaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button