Latest SportSport

Shorne groet binnekort skopboks

Wêreldkampioenskappe in Turkye later vanjaar sy laaste.

Shorne Moorcroft van die Newville Skopboksklub se lang en suksesvolle loopbaan as skopbokser sal binnekort tot ‘n einde kom.

Shorne, ‘n voormalige vier-maal-Wêreldkampioen was vir die tweede laaste keer in aksie gewees as skopbokser toe hy aan die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het. Daar het hy twee goue medaljes in die veteraan (40 tot 50 jaar) afdeling ingepalm.

Sy seun, Shane asook ‘n ander lid van die klub, Cleve Crossling het ook aan die kampioenskappe deelgeneem en goed gevaar.

Shane het goud ontvang terwyl Cleve met ‘n goud en ‘n silwermedalje beloon is.

Al die bogenoemde lede is gekies om later vanjaar aan die Wêreldkampioenskappe in Turkye deel te neem waar Shorne sy loopbaan as skopbokser op ‘n hoë noot sal afsluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button