Latest SportSport

TUT onttrek uit Predator se kampioengroep

"Poorte, Tukkies en Brakpan is glo te sterk" – GLRU.

Die eersterugbyspan van Roodepoort Rugbyklub, sy afrigters en bestuur het nie verniet hul speelgoed uit die kot gegooi na die aankondiging van Groep A in die Predator-reeks nie.

Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het onttrek omdat die groep wat deur Poorte (Leeus-kampioen), Brakpan (Valke-kampioen) en Tukkies (Blue Bulle-kampioen) opgemaak is, glo te sterk is.

Pieter Visser van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) het Woensdag 17 Julie aan die Record bevestig dat die besluit glo gesamentlik deur die GLRU en Blou Bulle Rugby Unie (BBRU) geneem is.

“TUT het gevoel dat hulle nie gereed of sterk genoeg is om teen die spanne van Groep A meë te ding nie en hulle sal nou slegs vir die Plaat-afdeling speel,” het Pieter gesê.

Of Roodepoort wel vyf punte gaan ontvang weens die onttrekking is op dié stadium nog onseker maar Pieter meen dat al kry hulle die punte of al word die wedstryd ‘n loslootjie gedoop, dit geen verskil maak nie.

Hy het niks genoem dat ‘n ander span in TUT se plek gekies sal word nie, wat beteken dat Groep A net uit drie spanne, naamlik Poorte, Brakpan en Tukkies bestaan.

Poorte het nog verdere goeie nuus ontvang. Hul kragmeting teen Tukkies was oorspronklik vir Saterdag 27 Julie weg van die huis af geskeduleer, maar dit is bevestig dat dié sappige wedstryd na Vrydag 26 Julie geskuif is en op Roodepoort se veld sal plaasvind.

Ondervoorsitter in beheer van afrigting en ontwikkeling van Roodepoort Rugbyklub, Faris Sader het positief oor die foon geklink en die goeie nuus met ope arms verwelkom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button