School sportSport

Lanternskool se Sportman van die Jaar aangewys

Veelsydige sportman Roelof stap weg met louere.

Veelsydige sportman Roelof van Heerden is onlangs as Lanternskool se Sportman van die Jaar aangewys.

Die jongman is met die groot eer ‘n trofee beloon vir sy uitsaande prestasies op die atletiekveld, en ook omdat hy met ‘n kolf in die hand presteer.

Rina le Grange van die skool vertel, “So ‘n trofeë word aan iemand toegeken wat op verskeie gebiede presteer en die skool in meer as een sportsoort verteenwoordig.

“Roelof het die skool op atletiekgebied by die Gauteng-kampioenskappe verteenwoordig waar hy ‘n eerste plek in spiesgooi vir seuns o.19 behaal het. Roelof is ook ‘n puik krieketspeler en het deur die jare verskeie kriekettrofeë ontvang.

“Hy is die afgelope drie jaar gekies vir die Gauteng Buitengewone Onderwys-krieketspan wat deelgeneem het aan die SA LSEN-skole krieketweek.

“Roelof is hierdie jaar ook as lid van die SA LSEN-skole krieketspan gekies. Ons wens hom sterkte toe vir die toekoms.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button