Latest SportSport

Hengelaars haal uit en wys

... bespreek ook hul plek in die komende SA-proewe.

Drie lede van die Roodepoort Hengelklub het rede om te glimlag na hul spoggerige vertoning tydens die onlangse SA Nasionale Karp Kampioenskappe.

Die hengelaars, Steven Mioch, Natalie Long en John Sweetland was onder die ses lede van die Sentraal Noord-Wes Hengelspan wat silwer ingepalm het.

Individueel het Steven en sy penmaat algeheel tweede geëindig terwyl John en sy penmaat Natalie – wat vir die eerste keer deelgeneem het – algeheel sesde geëindig.

Volgens Dave Favel, Sekretaris van die Roodepoort Hengelklub het hierdie uitmuntende vertoning verseker dat al drie hengelaars aan die komende SA-proewe kan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button