Twee atlete van Laerskool Roodekrans het aan die Nasionale Atletiekkampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer.
Henricus Meyer het ‘n eerste plek in die o.13-spiesgooi vir seuns met ‘n afstand van 48,52m behaal.
Jessey Bekker het aan die o.13-verspring deelgeneem en algeheel 15de geëindig.
“Baie geluk! Roodies is vir seker baie trots op jul prestasies!” het Theolene Pienaar gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



