Local sportSport

Roodies-gholfdag weerspieël ‘n omgeehart

Daar was hope gees onder die spelers soos hulle van putjie tot putjie beweeg het.

Laerskool Roodekrans het op Donderdag, 14 Oktober hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan gehou en dit was weereens ‘n reuse sukses.

‘n Totaal van 164 spelers het dié dag hul gholfskoene aangetrek om die skool se gesogte fondsinsamelingprojek te ondersteun. Daar was hope gees onder die spelers soos hulle van putjie tot putjie beweeg het.

Johann Vermaak. Foto: Alice Mpholo.

Volgens organiseerder Ian Flemming word die projek elke jaar ten bate van hul minderbevoorregte leerders en ook dié van buurskole gehou. Hul vrygewigheid strek nog verder aangesien ‘n paar outehuise in die omgewing ook daarby baat.

“Die gholfdag vorm op sy beurt deel van ons School Boost Support Team- (SBST) projek, wat ons leerders op verskeie ander maniere verder ondersteun en bevoordeel,” het hy vertel.

Voor: Leon Claassen en Tommie de Waal.
Agter:Neil Claassen en China du Plooy. Foto: Alice Mpholo.

“Ons probeer elke kwartaal om aan ons minderbevoorregte leerders, buurskole en ouetehuise te skenk wat ons kan. Hoe meer ons inkry, hoe meer kan ons uitgee. Ons het ‘n omgee-hart en wil daarom graag help waar ons kan, veral in tye soos dié.”

Banjamin van As, Ben van As, Danie Berrange en Marius van As. Foto: Adéle Bloem.

Benewens die wenners wat met groot pryse soos skape, ‘n jagnaweek en ‘n heerlike Knysna-vakansie beloon is, het elke span ‘n unieke prys gekry. Ian en skoolfhoof Deon Rousseau bedank graag hul hoofborge, Engen Ouklip en Wirulink vir hul ondersteuning.

Ben van As is tevrede met sy afslaan. Foto: Adéle Bloem.

“Ons is baie dankbaar teenoor al ons borge en ook natuurlik die deelnemers, personeel, leerders, ouers en almal wat deel gehad het aan nog ‘n suksesvolle Roodie-gholfdag. Ons sê geluk aan die wenners en hoop om almal weer volgende jaar te sien. Roodies leef voluit, Roodies leer voluit en Roodies speel voluit,” het Ian ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button