Horison-atlete wen twee goue medaljes by SA’s
Die skool bedank graag elke atleet, afrigter, ouer en al die ondersteuners wat bygedra het tot hierdie suksesvolle seisoen.

Wat ‘n ongelooflike atletiekseisoen! Laerskool Horison is geweldig trots op die prestasies van hul atlete.
Lees ook: Swim Jozi Developmental Gala a splashing success

Negentien Horie-atlete het gekwalifiseer om deel te neem aan die Gauteng Kampioenskappe, vier van hierdie atlete het deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat op 20 en 21 Maart in Pietermaritzburg gehou is. Daardie vier atlete het uitstekend gevaar!
Lees ook: Allen Glen High School to be well represented at upcoming Easter rugby festivals

Baie geluk aan die volgende twee atlete wat medaljes gewen het by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe:
• Chané Fourie het ‘n eersteplek behaal in die 200m en ‘n derdeplek in die 100m vir meisies o13
• Suné Coetzee het ‘n eersteplek behaal in spiesgooi vir meisies o12.
Die skool bedank graag elke atleet, afrigter, ouer en al die ondersteuners wat bygedra het tot hierdie suksesvolle seisoen.