Die room van plaaslike skole het Saterdag, 30 Augustus, op Laerskool Dr Havinga se sportvelde toegesak om aan die skool se jaarlikse mini-netbal en -krieket toernooi deel te neem.
Elke sportbaan was omsingel met ouers en ondersteuners wat hul spelers entoesiasties toegejuig het en natuurlik raad en bystand luidkeels van die kantlyn af gedeel het.
Laerskool Rapportryer op die aanval.
Die voornemende jong sportsterre het op hulle beurt geskitter en alles in die stryd gewerp om hul spanne op die voorvoet te plaas.
Chevonè Booysen straal nadat sy vir Roodies ‘n doel besorg het.
Hoërskool Bastion het ook hand bygesit deur ‘n groepie ‘skeidsregters’, bestaande uit Bastion-leerders, vir die dag te skenk.
Kolskoot!
Hierdie leerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en die onderskeie wedstryde effektief en met absolute professionaliteit behartig.
‘n Kruiner-krieketspeler maak gereed vir sy kolfbeurt.
Deelnemende skole was Laerskool Roodekrans, Helderkruin, Die Ruiter Primary School, Krugersdorp-Noord en Rapportryer.
‘n Roodies-speler mik vir die paaltjies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years.
He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community.
"