Local news

Sanger Jannie du Toit kom sing in Margate

Kaartjies is reeds beskikbaar en kan bespreek word by Hercules: 082-774-5600 of Giel: 074-194-2711.

Die Suidkus kry uiteindelik die geleentheid om die unieke musiek van die bekende Afrikaanse sanger Jannie du Toit te beleef, wanneer hy op Saterdag 5 September om 15:00 met sy middagkonsert in die Azalea-saal van Margate Retirement Village optree.

Met 55 jaar op die verhoog, vier Jannie vanjaar die 100-jarige bestaan van Afrikaans as amptelike taal met sy spesiale konsert, “Ramkietjie”.

Hy beskryf die produksie as méér as musiek – dis erfenis.

“Sommige liedjies leef nie net in ons ore nie, maar ook in ons herinneringe,” sê Jannie. “Wie onthou nie ‘Die Mannetjie’ nie – daardie speelse tongknoper waarmee ons grootgeword het? Of die rustige klanke van die ‘Magaliesburgse Aandlied’ wanneer die son sak?”

Benewens geliefde liedjies uit die FAK-sangbundel, sluit die program ook gewilde nuwer Afrikaanse liedjies in. Die konsert beloof om ‘n warm, nostalgiese en intieme musiekervaring te wees.

Hierdie middagkonsert word met trots aangebied deur die Margate ATKV-tak en die Kierieklub van die Margate NG Kerk. Die opbrengs van die konsert word teruggeploeg in die gemeenskap en sal aangewend word vir noodverligting en ander gemeenskapsprojekte waar hulp die nodigste is.

Kaartjies is reeds beskikbaar en kan bespreek word by Hercules (082-774-5600) of Giel (074-194-2711).

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button