Schools

KZN-proewe vir Suidies rugby spelers

Suid Natal school news.

Baie geluk aan Jaydon Koekemoer, Ayabonga Madlala, Abonga Madlala, Ryan Pronk, Liam Venter (O11s) and Tiaan Grobbelaar, Tiaan Labuschagne, Marco Janssen, Divan Dixon en Adam van der Merwe (O13s) wie die SKZN rugbyspan behaal het.

Die seuns gaan te Kearsney College aan ‘n rugbytoernooi deelneem waar die KZN span verkies gaan word.
Ons Suidies-skoliere toon ‘n passie vir die omgewing en die natuur deur aktief deel te neem aan die insameling van ou papier vir herwinning.

Dit word as ‘n kompetisie aangebied waar klasgroepe meeding om die meeste ou papier in te samel. Ons moedig ons leerders aan om soveel moontlik by te dra tot die inisiatief.

Op sportgebied het ons netbalmeisies die geleentheid gehad om aan die Ugu-proewe deel te neem.
Ons wil Lillian Cellarius, Emelin van Zyl en Amber Boers gelukwens met hul prestasie in die Ugu-span.

Die afgelope naweek het ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne teen Port-Natal Skool in Durban gespeel en ons het as die algehele wenners teruggekeer.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Die koek het in die as geval” beteken die saak het misluk.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

 
Back to top button