Schools

Suidies gaan vir goud

Suid Natal school news.

Die Graad 3s was verras met ‘n onvoorbereide mondeling. Hulle onderwysers het hulle uitgevat om insekte te gaan vang en te bestudeer.

Terug in die klas was hulle aangemoedig om ‘n praatjie te lewer oor hulle insekte.

Dit was ons Graad 4 leerders se Markdag Vrydag en die graad 4’s se eerste keer wat hulle self moes verkoop sonder die hulp van hulle ouers. Knapgedaan, julle het julself puik gehandhaaf!

Geluk aan Moné Rothaus, ‘n graad 4 leerder van ons skool, wie Vrydag aan die ATKV Redenaars te Amanzimtoti deelgeneem het.

Ons Graad 2 leerders het hulle eerste sokker-wedstryd teen Southcity gespeel en hulself gate uit geniet. Ons sien uit na nog vele sokker-wedstryde die kwartaal.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Die kok is verlief” word skertsend gesê as die kos te sout is.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

 
Back to top button