Schools

Super Suidies pluk die vrugte van harde werk

Sport en kultuur word egter nooit agterweë gelaat nie.

Suid-Natal Primêr se kuns het die vrugte gepluk van goeie kleurteorie en hoe die algemene beginsels toegepas word in komposisie. Dit is ‘n absolute plesier om te sien hoe die teorie gestalte gevind het in die stillewe opdrag wat die graad 7 leerders voltooi het.

Die graad 4-7’s is hard besig om voor te berei vir hulle toetsreeks. Hersiening word nou gedoen in alle vakke ter voorbereiding vir die toetse wat op Donderdag, 28 Mei begin. Leerders woon elke middag ekstra klasse by wat deur die personeel van Suid-Natal Primêr aangebied word. Ons akademie is altyd ons fokuspunt, leerders werk hard en kontrole word deeglik gedoen.

Sport en kultuur word egter nooit agterweë gelaat nie. Suid-Natal Primêre Skool het ‘n baie suksesvolle Wintersportdag aangebied op Saterdag, 16 Mei met 13 laerskole wat deelgeneem het. Ons is trots op ons Super Suidies!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button