
Die Ugu Distrik Munisipaliteit kan net nie die Banana Beach water toevoer probleem oplos nie. Daar was verlede maand drie weke aan die toevoer gewerk en nog steeds is daar ‘n water probleem.
Die water se drukking en toevoer is nie genoeg om somtyds by die geiser in te vloei nie. Tans met laasgenoemde Julie vakansie, moes mens vier-uur die oggend opstaan om water te kry, of baie laat in die aand.
Hierdie probleem veroorsaak ‘n inkomste verlies aan vakansie verblyf en KwaZulu-Natal se hoof inkomste kom van Desember maand se vakansiegangers. Die verlaagde toevoer veroorsaak ‘n water tekort en dan kan mense nie stort of bad nie.
Ugu, los asseblief die probleem op.
ONTEVREDE INWONER
Epos
