South Coast Fever

Stiltetyd: Die aarde, ons verantwoordelikheid

Ons is verantwoordelik vir ons planeet se welwese, ons as mense, is deur God aangestel om die aarde namens Hom te bestuur...

Met die skryf van hierdie artikel was die aarde se bevolking geskat op 7 981 208 932 inwoners. Die aarde of moeder aarde soos sy ook bekend staan dra ’n ongelooflike getal mense. Dis nie vreemd nie dat berigte oor natuurrampe, waterskaarste, oorbevolking, spesies wat uitsterf, kosskaarste, ensomeer ons ore daagliks bereik nie. Die aarde is onder groot druk en ons kan nie, maar die oë daarvoor toeknyp nie.

Ons is verantwoordelik vir ons planeet se welwese, ons as mense, is deur God aangestel om die aarde namens Hom te bestuur. Dat ons nie maar net alles hoef te sien tot niet gaan nie, word paslik illustreer deur die “Tidy Towns” projekte wat ons hier aan die Suidkus van KZN sien afspeel. Aanvaar eienaarskap.

Duisende jare gelede het die Psalmis van Psalm 8 opgekyk na die hemelruim. Daar was nie lug of lig besoedeling nie en hy sien die Melkweg soos mens dit kan sien in die middel van die woestyn sonder enige ander helder ligte naby. Hy kyk op na die hemelruim en hy verwonder hom oor God en wat God alles tot stand gebring het.

Dit moes ’n baie mooi gesig gewees het, die maan en sterre en ander hemelligame wat soos ’n groot doek geskilder is deur die Meester Skilder van die heelal. Dan dink hy aan die mens se rol op aarde en hoe die wonderbare Skepper enigsins die mens kan vertrou om iets soos die aarde namens Hom te bestuur. Wanneer laas het jy jou oor God se skepping verwonder, oor God self?

Kinders verstaan baiekeer meer oor God se grootheid besef die Psalmis. Die omvang en kompleksiteit van die heelal is groot. Ons leer elke dag meer hoedat selfs die planete ’n rol speel om die aarde as tuiste van die mens te reguleer. Die kontras tussen die grootheid van die aarde en die nietigheid van die mens is groot. Ons moet in ons kleinheid buig voor God se grootheid. Ons is nietig maar ook waardig. Ons waarde lê in die herstelde verhouding met God deur Jesus Christus se verdienste. God vertrou jou met Sy skepping die aarde. Wat doen jy om die aarde namens Hom op te pas?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button