South Coast Fever

Wouter se Watergat

Die Watergat was ook redelik vol, hoewel ek teen hierdie tyd meer besoekers verwag het.

Dis vakansietyd. Toe hierdie rubriek geskryf is, het ons baie lekker weer gehad, en die sardiens reeds kom groet. Die Watergat was ook redelik vol, hoewel ek teen hierdie tyd meer besoekers verwag het. Nietemin, verskeie van ons binnelandse middel-van-die-jaarvriende het reeds kom gesig wys. Vroulief het verlede week haar kerrie-afval gemaak, dit wyd en syd geadverteer, en ons het reeds vyf kooksels, net meer as 100 porsies, saam met ‘n sny egte tuisgebakte boerbrood teen R60 per bord verkoop.

Die hoogtepunt van die week was die Curriebeker-eindstryd tussen die Pumas en die Griekwas verlede Saterdag. Ons was reeds ‘n uur voor die wedstryd tjok-en-blok vol, en hier was heelwat steun vir albei spanne, die meeste daarvan komende van mense wie se spanne nie die eindstryd gehaal het nie. Hier was oud-inwoners van Kimberley en omgewing wat passsievol was oor hul span, en ook vier Nelspruiters wat vir die Pumas, saam met die ander, geskree het. Oom Pottie en ekself het gehoop die Pumas wen. Veral nadat Jimmy Stonehouse die vorige Saterdag so aangedaan voor die kameras was toe sy span die Vrystaatstadion in die laaste vyf minute in stilstuipe in geskok het. Weet nie of die Griekwas ‘stage fright’ gehad het nie, want hulle was nooit juis ‘n faktor nie. En was daardie blydskap en emosie onder die Pumaspan en ondersteuners wat so ver gery het, iets om te sien! Die vier Nelspruiters hier was buite hulleself met trane in die oë. Sjoe. Pottie wens sy geliefde Lions wil Jimmy ‘koop’.

Ons glimlag van die week: Oupa en sy prokureur sit by Oupa se ouditeur. Die ouditeur wil weet waarom Oupa se geldsake so benard is. ‘Ek dobbel so bietjie’ erken Oupa. ‘Maar dan is dit geen wonder nie’, sê die prokureur, ‘g’n wonder jou geld het skielik soveel minder geword nie.’ ‘Aikona, ek wen altyd my geld terug, dis waarom ek my prokureur saamgebring het om jou te oortuig. Ek sal dit bewys’, antwoord Oupa. ‘Wat van ‘n demonstrasie?’ Baie huiwerig stem die ouditeur in. ‘Ek wed jou vyfduisend rand ek kan my eie oog byt.’ Die ouditeur besluit hy kan nie verloor nie. ‘Goed’, sê hy. Oupa haal sy glasoog uit, en byt die oog. ‘Nou wed ek jou tien-duisend rand, ek kan my ander oog ook byt.’ Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, en aanvaar die weddenskap om sy geld terug te wen. Oupa haal sy valstande uit en ‘byt’ sy ander oog. Die ouditeur is verstom. ‘Wat van ‘n finale weddenskap van R20 000? Ek wed jou ek kan aan dié kant van jou lessenaar staan en in die snippermandjie piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.’ Die ouditeur kyk die ou man so en besluit daar is geen manier waarop hy dit gaan regkry nie. Hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning, maar die straal kom nie oor die lessenaar nie. Die hele lessenaar is papnat. Die ouditeur spring van blydskap oor sy groot wins, en Oupa se prokureur laat sal sy kop al kermend in sy hande. ‘Is alles reg?’ vra die ouditeur. ‘Nee’, sê die prokureur. ‘Vanoggend het Oupa vir my gesê jy het hom gevra om in te kom vir ‘n oudit. Hy wed my toe vir R100 000 dat hy jou hele lessenaar sal nat piepie, en dat jy in die wolke sal wees daaroor!’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button