South Coast Fever

Wouter se Watergat

Soos gewoonlik met ‘n toetswedstryd, was daar van vieruur die middag af nie plek vir die spreekwoordelike muis nie...

Sport was weereens die hoof-besprekingspunt die afgelope paar dae, en in die besonder rugby, na aanleiding van verlede Saterdag se toetswedstryd teen Wallis. Soos gewoonlik met ‘n toetswedstryd, was daar van vieruur die middag af nie plek vir die spreekwoordelike muis nie. Wat my bankbalans natuurlik baie goed gedoen het. Dis nie net die betrokke rugby-unie wat verlore inkomste opmaak met ‘n toetswedstryd nie.

Ewenwel, soos waarskynlik in elke huis of ander plek waar die wedstryd gekyk is, was daar hier ‘n verslae stilte dwarsdeur die eerste helfte. Dit was asof iets onwerklik hom voor ons afgespeel het. ‘n Springbokspan wat soos ‘n laerskoolse rugbyspannetjie wat nie goed afgerig is nie, rondgeploeter het. So nou en dan is die stilte verbreek met ‘n harde sug of uitroepe soos ‘wat doen jy Elton!’. Ek het Jantjies naderhand erg jammer gekry. Hy was ooglopend ‘gerattle’, en hoe meer hy probeer het, hoe minder kon hy regkry. Van sy spanmaats was ook nie veel beter nie. Faf de Klerk en ons senters het gesukkel, onder ons voorspelers is die een fout na die ander gemaak, en ons skrum, wat gewoonlik dominant is, was maar so-so. Gelukkig het die sg. ‘bomb squad’ dinge in die tweede helfte kom regruk, maar van hulle was ook minder indrukwekkend as gewoonlik. Behalwe Malcolm Marx, die ‘meneer’ soos Oom Pottie hom noem, en Kwagga Smith. Daardie naelskraapse oorwinning aan die einde was meer Wallis se eie skuld as die Springbokke se vertoning, al het hulle goed teruggeveg. Die arme Elton. Waarom is hy hoegenaamd gekies? Hy het weens ‘n besering verlede Desember laas ‘n wedstryd gespeel, en onlangs boonop op ‘n vliegtuig dronkmoles gemaak. Wonder wat in sy gemoed aangaan. Dalk is sy internasionale loopbaan verby.

ALSO READ: Wouter se Watergat

Ons glimlag van die week kom van Jan Venter, ‘n besoeker van Ficksburg: ‘Jare gelede op ‘n plattelandse dorpie waar niemand Engels verstaan het nie, en die paar Engelse die Afrikaanse kerkdienste bygewoon het, is die dominee na ‘n erediens erg ontsteld. Almal hoes van winterverkoues, en dit ontwrig sy boodskap kwaai. Sy erg Engelse koster gaan koop ’n lekker groot bottel hoesstroop en die volgende Sondag is hy reg om enige sieke te help. Die lidmate het gehoor van die dominee se dimemma, ook die Engelse koster se plan, en besluit om hulle samewerking te gee. Elke keer as een van die erg Afrikaanse lidmate hoes, spring die koster met die hoesmiddel op en gaan fluister iets in Engels in die sieke se oor. Elke hoesende lidmaat lyk dan heel bedees, staan op en loop uit, die een na die ander. Die dominee word alhoe meer ontsteld, maar druk deur. Baie omgekrap vra hy na die diens vir die koster: “James, what did you say to the flock, brother’? Die koster, ook baie uit die veld geslaan, antwoord “FOR COUGH”.’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button