South Coast Fever

Wouter se Watergat

Hy het, en het dit pas na die Fever deurgestuur vanaf die kafeteriastoep in Letaba waar ek nou sit en buffels dophou in die rivier...

Vandeesweek kan ek nie self verslag doen uit die Watergat nie, want vroulief en ek is in die Krugerwildtuin. Instede daarvan om ‘n rubriek oor te slaan, het ek Oom Pottie, wat die fort hou, versoek om besoekers te vra om hul gunsteling stories met hom te deel, en syns insiens die drie bestes van die week per e-pos aan my te stuur. Hy het, en het dit pas na die Fever deurgestuur vanaf die kafeteriastoep in Letaba waar ek nou sit en buffels dophou in die rivier. Ook reeds begin stres oor Saterdag se toetswedstryd teen Wallis nadat ek die Springbokspan gesien het. Ewenwel, hier is Pottie se keuse, met geen rangorde nie:

* ‘n Man raak op ‘n dag moeg daarvoor dat hy elke dag moet gaan werk sodat sy vrou by die huis kan bly. Hy bid toe en vra ‘Here, ek wil graag hê my vrou moet voel hoe dit voel om agt ure per weeksdag hard te werk. Kan ons nie vir ‘n dag liggame ruil nie?’ Sy gebed word verhoor, en die volgende dag word hy as ‘n vrou wakker. Die man/vrou staan op, maak oggendete, maak die kinders wakker, voer hulle, pak middagete in vir almal, neem die kinders skool toe, doen inkopies, maak die katbak skoon, was die hond, maak die huis skoon, jaag skool toe om die kinders op te tel, gee hulle middagete, kyk dat hulle huiswerk doen, stryk en maak aandete. Na aandete maak hy/sy die kombuis skoon. Vou klere op, bad die kinders en kry hulle teen nege-uur in die bed. Hy/sy klim doodmoeg in die bed, waar sy/haar man (vrou) eers bietjie aandag soek. Die volgende oggend raak hy/sy vroeg wakker en bid: ‘Here, ek het nie geweet waarvoor ek vra nie. Verander my asseblief weer terug na ‘n man. Amen’. Die antwoord kom: ‘My kind, ek weet jy het jou les geleer, maar ek kan jou eers oor 9 maande terugverander. Jy het gisteraand verwagtend geraak.’

*Die tannie en haar suster se tienjarige seun sit in die sitkamer en gesels. ‘Hoekom het tannie nooit getrou nie?’, vra die seun. Die tannie dink so ‘n bietjie, glimlag vir die seun en sê: ‘Ag my kind, ek het nie ‘n man nodig nie. Ek het ‘n papegaai, ‘n hond en ‘n kat. Saam is hulle nes ‘n man. Die papegaai vloek, die hond p**p en die kat loop saans rond.’

* Man aan sy vriend: ‘Ek ry nooit met my salarisstrokie in my motor rond nie. Indien ek dalk in ‘n motor-ongeluk omkom, sal hulle dink dis selfmoord en my versekering sal nie uitbetaal nie’.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button