South Coast Fever

Stiltetyd: Angstigheid

In hierdie dae waarin die wêreld hom bevind en ook ons land is veiligheidskwessies van uiterste belang.

Die karakters wat in die strokiesprent “Peanuts” uitgebeeld word, het ’n manier om met mens te praat. Ons is vertroud met Charlie Brown se angstigheid en dat hy soms baie onveilig voel. Ons ken ook vir Lucy die karakter wat soms so knaend en so reguit op die man af kan wees. Dan is daar natuurlik ook die karakter Linus. Hy wek die indruk dat hy redelik tevrede is met homself en sy omstandighede. Wat mens van hom onthou is die kombersie wat hy altyd vasgehou het en wat hom vertroos het. Dit laat hom veilig voel.

In hierdie dae waarin die wêreld hom bevind en ook ons land is veiligheidskwessies van uiterste belang. Mense voel onveilig. Jy moet die hele tyd in jou truspieëltjie kyk, sê iemand nou die dag so terloops. Psalm 16 is ’n Psalm wat met gelowiges deel oor hul behoefte aan ’n veilige ruimte. Psalm 16:1 stel dit so: Beskerm my o God, want by u skuil ek.” Hiermee wend hy hom in gebed tot die Een wat hom die ware troos kan skenk. Soos wat menige Christen ook bely: “My enigste troos in lewe en dood is dat ek aan Jesus Christus behoort.”

’n Bietjie later bely die Psalmis dit dan ook: “Die Here is my erfdeel en my beker. Hy bepaal my lot.” Nee. Gelowiges in Christus is nie aan die noodlot uitgelewer nie. God bepaal ons lot. Selfs nie eens die doderyk of die magte van dood en verwoesting kan die Psalmis van God se liefde en sorg skei nie, al sou hy liggaamlik ly. Die Hebreeuse woord wat hy vir God se beskutting gebruik is een wat God as die bron van krag en beskerming uitbeeld. Gaan soek gerus ’n plek aan die Suidkus op wat nie deur lig besoedel is nie. Jy sal opnuut deur die Melkweg betower word. God tel die sterre en die hare op Sy kinders se koppe. Hy rus in die wete Die insig dat die Here die Enigste, Lewende, Genadige en liefdevolle Vader is. Hy loof die Here omdat die Here altyd by hom is. Daarom rol hy nie snags rond nie, maar kan hy rustig slaap. Slaap sag!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button