South Coast Fever

Stiltetyd: Doodloopstrate

"The apple of my eye"

Daar is ’n film met die titel: “The apple of my eye.” Die storielyn handel oor ’n perderuiter wat van haar perd afval en dan blind is. Sy moet staatmaak op ‘Apple’, ’n miniatuur ponie wat haar oë moet wees. In Psalm 17 bid die Psalmis dat die Here hom moet beskerm soos die appel van sy oog. Hy voel soos iemand wat by ’n doodloopstraat in sy lewe gekom het. Doodloopstrate is iets wat algemeen is aan die menslike toestand. Jy voel vasgekeer in ’n hoek. Jy sien letterlik en figuurlik geen lig op die horison nie. Omstandighede dra daartoe by.

Dit kan ’n finansiële krisis wees wat jou so laat voel. Ander vind hulle by so ’n situasie by die werk. Poste word genasionaliseer. Die ekonomie is besig om te duik en besighede is besig om te vou. Daar is min of geen geleentheid om êrens ‘n werk te kry nie. Nog ander worstel so ten opsigte van ‘n huwelik wat misluk of verhoudings wat sneuwel. Ander worstel met siekte. Die druk word te groot. Die moeilikheid, hetsy die skuldeisers, die werkgewer, die rasionaliseerder, die inperking, die huweliksmaat, die kind, die skuldeisers is soos leeus wat oorgehaal is om te verskeur; ja soos jong leeus wat hulle prooi wil verskeur.

Jy het iemand nodig wat hom of haar oor jou sal ontferm. In die geval van die jong dame wat haar visie in ’n ongeluk verloor het, het sy ’n ponie gehad om op te steun toe dinge letterlik om haar donker geword het. Gelowiges soos die Psalmis kan hulle tot God wend om hulle soos die appel van Sy oog te beskerm. Ons praat soms van iemand en sê dat sy die appel van haar pa se oog is.

Daarmee sê ons dat daar ’n besondere band bestaan tussen die dogter en haar pa. Die mens se oog is baie sensitief en jy pas jou oog op teen infeksies of beserings. Christene in besonder weet dat God in Christus vir hulle is en nie teen hulle nie. Hy het Sy liefde op Golgota eens en vir altyd bewys. Vertrou God om jou vandag soos die appel van Sy oog te beskerm.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button