South Coast Fever

Wouter se Watergat

Hier in die Watergat het ons daardie Vrydagmiddag weer ‘n gemoedere-hoogtepunt beleef.

Die lewe is darem ‘n avontuur van ekstreme gevoelens. Verlede week nog vertel ek van die totale laagtepunt in gemoedere wat ons voorverlede Saterdag beleef het met die Springbokke se nederlaag teen die All Blacks nadat hulle die manne in swart die vorige Saterdag soos kitsgras opgerol en ons die wonderlikste euforie beleef het.

Dalk kan ‘n mens dit nie heeltemal vergelyk nie, want daar is heelwat minder krieket- as rugby-ondersteuners in Suid-Afrika. Daarbenewens ken talle mense wat van die spel krieket hou, nie die diepere geheimenisse van toetskrieket nie. Vir dié van ons wat meen toetskrieket is dit waaroor die spel eintlik gaan, hoewel die ander formate lekker is om na te kyk, was die Proteas se oorwinning op Lord’s nog voor die naweek, ook ‘n euforiese gebeurtenis. Suid-Afrika het as’t ware in die leeukuil ingestap om teen ‘n span te speel wat pas vyf toetse na mekaar gewen het, die laaste vier met ‘n nuwe aanvallende styl wat hulle ‘Bazball’ gedoop het. Dis vernoem na die nuwe afrigter Brendon McCullum, self ’n aanvallende Nieu-Seelandse kolwer op sy tyd, wat saam met die nuwe kaptein, Ben Stokes, onderneem het om avontuurlike, aanskoulike en aanvallende toetskrieket te speel. Hulle het ook, totdat hulle teen die Proteas te staan gekom het.

Voordat ons manne Woensdag op dieveld gestap het, het is die kaptein, Dean Elgar, deur verskeie Britse joernaliste gevra wat die Proteas se plan is teen die ‘verwoestende nuwe Engelse spelstyl’ Bazball. Elgar het geantwoord dit skeel hom min, want in toetskrieket is daar sekere werklikhede, jy moet aanpasbaar wees na gelang van omstandighede, en hy wil eers sien hoe vaar die Engelse teen sy snel-aanval. Van die Britse nuusmedia het was oortuig daarvan Elgar gaan sy woorde sluk, Ben Stokes en ander spelers het in nuus-onderhoude te kenne gegee die Proteas weet nie wat op hulle wag nie.

Wat gebeur? Elgar wen die loot in bewolkte toestande, besluit om te boul, en voor etenstyd is reeds ses Engelse kolwers terug in die pawiljoen vir minder as 100 lopies. ‘Weggeblaas’ deur Suid-Afrika se snelboulers, met Kagiso Rabada aan die voorpunt. Die toets was toe reeds verby. Na slegs twee-en-‘n half dae vermorsel die Proteas die Engelse, op Lord’s, die tuiste van wêreldkrieket en trots van Engeland, met ‘n beurt en 12 lopies. Die absolute ekstase onder die Proteaspelers en verslaenheid onder die Engelse was wonderlik om te sien. Hier in die Watergat het ons daardie Vrydagmiddag weer ‘n gemoedere-hoogtepunt beleef. Hoop nou net nie die tweede toets, wat nog nie begin het toe hierdie rubriek geskryf is nie, neem ons weer na ‘n laagtepunt toe nie.

Ons loopstorie is vertel deur Santie Vermaak van Johannesburgh: ‘n Amerikaanse vrou se motor gaan staan sonder brandstof en ‘n Rooi Indiaan bied aan om haar per perd na die naaste vulstasie te neem. Sover as wat hulle ry, gil hy ‘n kenmerkende Apache-oorlogskreet met oorgawe. By die vulstasie vra iemand haar hoekom hy so opgewonde is. ‘Hoe sal ek weet?’, verklaar die vrou. ‘Was jy nie bang nie?’, kom die vraag. ‘Nee wat, ek het heelpad al hoe stewiger aan die saalboom voor hom vasgeklou.’ Die persoon kyk haar meewarig aan. ‘Mevrou, Rooi Indiane ry perde bloots’.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button