LettersOpinion

Bevestiging van verbintenis is warmpatat

Ter afsluiting ek begin nou mooi 'gatvol' raak vir Jeff se aantygings dat ek witmense haat.

REDAKTEUR – My brief aan die South Coast Sun van 5 Februarie wat Raadslid Andre Beetge en moontlike politieke vennoot, Mnr Jeff van Belkum, se reaksie daarby insluit het, verwys.

Ek spreek u Afrikaans aan vir Andre en Jeff se onthalwe omrede hulle waarskynlik nie die inhoud van my brief verstaan het nie en tot nou nog nie erken of ontken dat hulle politieke sielsgenote is nie.

Die bevestiging van die verbintenis is vir Andre ‘n spreekwoordelike warmpatat van wee Jeff se soms, op die oog af, regse uitsprake wat die raadslid kan benadeel by die stembus, veral as ons Beetge se reeds noue samewerking met Diane Kohler Barnard in ag neem. Nog erger, Van Belkum wat Diane Kohler Barnard se dissiplinêre behandeling deur die DA so ywerig kritiseer, kan ook die raadslid nog verder benadeel.

Beetge se antwoord met oulike rooi agtergrond was voldoende spasie om Jeff te verraai deur net eenvoud te se ek lieg of lojaal aan Van Belkum te wees en se ek praat die waarheid.

Al ontken Van Belkum enige verbintenis met politieke partye, moet ek hom daarop wys dat die oorgrote meerderheid ANC ondersteuners/kiesers behoort ook nie aan enige spesifieke party nie. Dit is nie net een miljoen plus lede wat die ANC aan bewind hou nie, net so die DA geregistreerde lede is nie genoeg kiesers om die party die amptelike opposisie te maak nie. Nie alle party ondersteuners is lede van die besondere party waarvoor hulle stem nie.

Ter afsluiting ek begin nou mooi ‘gatvol’ raak vir Jeff se aantygings dat ek witmense haat. Ek is self ‘n wit person en behoort aan ‘n party wat seker 95% swart lede het en dus vertolk Van Belkum my steun vir die party se beleid dat ek kwansuis teen wit mense is en by implikasie, beskou Van Belkum dus die ANC as die witman se vyand.

Van Belkum het destyds aan Die Sun geskryf en aanbeveel dat ek myself met politoer moet swart maak en Michael Jackson as teenoorgestelde voorbeeld gebruik.

O ja, net so terloops, niemand wie ek ken het iets van baas speurder Van Belkum se rapportering van haat spraak aan die Menseregtekommissie gehoor nie.

JE SUIS FRANK HORN

Blanc noir

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button