Van kaalvoetklong tot Cravenweek
Alberton skolerugbyspelers verteenwoordig doe Goue Leeus in die Cravenweek.
EEN van Alberton se voorste hoërskool rugbyspelers sal vandeesweek die laaste keer vir sy provinsie in ’n Cravenweek uitdraf.
Dameon Venter, matriekleerder by Helpmekaar Kollege in Johannesburg, sal saam met ander spelers van Alberton, die gewilde Oos-Randdorp se vlag by die 2017 Coca-Cola o.18 Cravenweek en o.18 Akademieseweek hoog laat wapper.
Die prestigeweek sal van 17 tot 22 Julie by St Stithians College in Johannesburg plaasvind.
Venter is gekies om die Goue Leeus op haker tydens die Cravenweek te verteenwoordig.

Foto:PHOTO Finish SA
Hy het sy rugbyloopbaan reeds as kaalvoetkannetjie by die Laerskool Randhart (2011) en toe Laerskool Orion (2012) begin en is sedert sy o-13 rugbydae by die Goue Leeus se jeugspanne betrokke. Venter knipoog net as daar verwys word dat hakers gebore word en nie gemaak word nie.
Hy loof die afrigtersvernuf van die Alberton Junior Rugbyklub se Ertjies Paulsen en Andre Marais waar hy van sy o-7 jare sy vaardighede as ’n haker begin uitkerf het. Een van sy mooiste herhinneringe was toe Laerskool Orion se eersterugbyspan in 2012 nie net die Goue Leeustrofee omhoog gehou het nie, maar ook as die wenners van die destydse Bondedag bekroon is.
In 2016 dra hy reeds die nommer twee rugbytrui omhoog in die o-16 Goue Leeusspan wat in die Grant Khomo toernooi in Oudtshoorn as oorwinnaars oor die Sharks geseëvier het.
Sedertdien was Venter deel van die Leeus se Hoë Prestasie o-18-oefengroepe en het hy verlede jaar in Graad 11 reeds sy skool op eerstespanvlak verteenwoordig. Hy het ook in die o-18 Goue Leeus span by die Nasionale Akademieweek te Kearsney College in Kwa-Zulu Natal gespeel en het toe in die Cravenweek eindronde teen die Westelike Provinsie op die plaasvervangersbank gesit na ’n besering. Venter glo vas dat wat jy gedurende die voorseisoen doen die verskil in seisoentyd op die veld maak. Hy berei hom in die tydperk voor en werk gereeld by die Stellenbosch Akademie van Sport en by Investec Internasionale Rugby Akademie opleidingskampe hard.
Hy vertel dat die blootstelling wat spelers van die voorste afrigting by die oefenkampe kry van onskatbare waarde vir hom as speler is. Hy het sedert November verlede jaar hard saam met Morne van Zyl by Perfect Balance Personal Training in Randhart gesweet om die nodige spiermassa te bou sodat hy as haker fisies bo sy teenstanders kan uitstaan. Hy sê as gevolg van die harde werk kon hy die seisoen met selfvertroue aanpak.
Venter is vasberade om die Goue Leeus vanjaar met lof te verteenwoordig en sê die span se doelwit is om vanjaar as die wenspan in die eindstryd te speel. Iets wat die Goue Leeus nog nie sedert 2005 kon vermag nie. “Dis tyd en ons het vanjaar die span om die wa deur die drif te trek. Ons speel by die huis, en hierdie span is sedert 2015 al ’n eenheid en het nog nie verloor nie so ons moet as ’n span reg wees as die afskop-fluitjie blaas. Dis so naby, mense moet ons kom ondersteun. Die skolerugby gaan van uitstekende gehalte wees”.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



