Sport

Bloem wys staal op sportvlak

Déhan Bloem blink uit op die sportveld.

EEN van Alberton se opkomende sportmanne het weer eens sy staal op die sportveld getoon.

Déhan Bloem, tans ’n leerder by Hoërskool Elandspark in Bedfordview, het op talle vlakke presteer.

Hy draf uit vir die o-13 rugbyspan en die skoolspan word gekroon as o-13 Goue Leeus ligawenners.

Op die krieketveld was hy deel van die o-14 span en hulle behaal die hoogste louere as die o-14 Gauteng ligawenners. Dié spanne was na die merietetoekenings op provinsiale vlak uitgenooi wat op 24 Oktober 2018 plaasgevind het.

Bloem is ook ’n ywerige hengelaar en hy behaal ook verskeie hengelprestasies in 2018.

By die Gauteng Hengelvereniging prysuitdeling wat op 16 Junie 2018 gehou was, word Bloem as Gauteng o-13 Victor Ludorum vereer, wat die hoogste prestasie op provinsiale vlak is.

Op 20 Oktober 2018 hengel die Gauteng o-13-span by die All Transvaals Varswater Hengelbyeenkoms waarby ses provinsies betrokke was, en die span wen die All Transvaals oortuigend.

By dieselfde toernooi eindig Bloem eerste algeheel en word as die All Transvaals Victor Ludorum vereer.

Die o-13 Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind in Desember 2018 by Bloemhofdam in die sloep plaas. Tien provinsies het aan hierdie toernooi deelgeneem.

Die Gauteng o-13 A-span wen die 2018 SA kampioenskappe oortuigend met 45 punte.

In hierdie toernooi was Bloem met ’n eerste plek algeheel vereer, waar hy 161 visse oor drie dae gevang het, en hy word as 2018 SA kampioen en Victor Ludorum vereer.

Hy ontvang ’n uitnodiging om die nasionale proewe by te woon, en word toe met sy nasionale Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF) kleure vereer om sy jaar mee af te sluit.

Dit is duidelik met al die prestasies dat hy net so ’n veelsydige sportman soos sy pa, Dewald Bloem, is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southern Courier in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button