TA017023

KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-

KELINGSAANSOEK

Ons Indurain Urban Planners (Edms) Bpk, het die volgende grondontwikkelingsaansoek by die Stad van Mbombela Plaaslike Munisipaliteit (Mbombela) ingedien ingevolge die Mbombela Bywet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, en die Mbombela Grondgebruikskema, 2019, vir die hersonering van Erf 1133 Sonheuwel Uitbreiding 1, vanaf “Institusioneel” vir `n aftree-oord en ondergeskikte gebruike na “Besigheid” vir `n Gemeenskapswinkelsentrum insluitend kleinhandelwinkels, dienskleinhandel, verversingsplekke, mediese suites, karwas, gimnasium en/of kantore, tesame met `n verslapping van die voorgeskrewe parkeervereistes na 4 parkeerplekke per

100 vkm vloerruimte, ongeag die grondgebruik.

Die doel van hierdie aansoek is om die nodige grondgebruiksregte te verkry vir die ontwikkeling van `n Gemeenskapswinkelsentrum beperk tot 12 000 vkm vloeroppervlakte en om die voorgeskrewe parkeervereiste in lyn te bring met die bestaande, aantoonbare parkeervraag van soortgelyke ontwikkelings, soos bevestig deur `n ondersteunende Parkeerbenuttingstudie. Die eiendom is gele op die hoek van Dr Enos Mabuza- rylaan en Johanna-rylaan, Nelspruit, 1200, by die volgende kordinate: 2529`38.9″S 3058`13.9″E. Aansoekverwysing:

AM/26/00422.

`n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is gedurende normale kantoorure beskikbaar vir besigtiging by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wat by die volgende kontaknommer bereik kan word: 013-759-2185. Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, ten opsigte van elke onderskeie aansoek, moet in die voorgeskrewe formaat ingedien word by die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of afgelewer word by die Registrasie- afdeling van Rekords, 1ste Vloer, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos gestuur word na: registry@mbombela.gov.za nie later nie as 23 Mei 2026.

Die formaat vir kommentaar of besware is beskikbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur by bogenoemde adres of op die munisipaliteit se webwerf

(www.mbombela.gov.za). Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, mag gedurende kantoorure met enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur konsulteer, en hulp sal verleen word om daardie persoon se besware of kommentaar neer te skryf.

Aansoeker se Kontakbesonderhede:

Naam: Indurain Urban Planning (Edms) Bpk

Fisiese Adres:Eeheid B4, De Blok Kantoorpark, Ferreirastraat 102, Nelspruit, 1200

Telefoonnommer:

013- 854-0111

E-posadres: jandri@indurain.co.za

Reference Number: TA017023

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button