BlogsOpinion

Koringkorrel-kaartjie

Ek het ‘n Getuienis wat ek met U wil deel:

Die was my gewoonte om elke more voor ek my dag begin, vir my ‘n Koringkorrel-kaartjie uit my Kassie met geestelike boodskappies, te trek. Een spesifieke oggend kom die gedagte by my op om ’n 2de kaartjie te trek en die kaartjie aan die persoon te gee wat daardie dag 1ste in my kantoor sou kom. Later die oggend, so teen 11uur, kom ‘n vrou in my kantoor om vir my te vra om namens die Susters-Unie ‘n boodskappie op die kerk-blaaidjie, wat Sondae in die kerk uitgedeel word, te plaas. Toe sy byna by haar motor terug is, val dit my by van die kaartjie, want sy was inderdaad die 1ste persoon wat daardie oggend my kantoor besoek het. Ek hardloop haar in en oorhandig die kaartjie aan haar. Sy neem die kaartjie, sê dankie en klim in haar motor en ry weg.

Ongeveer 2 maande later word ek in die vroë oggendure wakker met die refrain van ‘n meisie se naam. ‘n Meisie wat ek jare laas gesien en net geken het van sien toe sy as kind in die Sondagskool was, waarheen my kinders ook gegaan het. Haar naam bly heeldag in my gedagte en ek besluit date k vir haar sal bid aangesien ek geen kontak-besonderhede van haar gehad het nie en haar so lank laas gesien het dat ek glad nie geweet het waar sy haar bevind het op daardie stadium nie. Sy het egter nog steeds in my gedagtes gebly en toe ons Pastoor die volgende dag in my kantoor kom vertel ek hom van die meisie, sonder om haar naam te noem, en dat sy so in my gedagtes bly . Hy vra my om haar naam vir hom te noem en toe ek haar naam noem, draai hy sy dagboek om na my met die woorde “maak kontak met haar”. Groot staan haar naam op daardie dag, in sy dagboek geskryf! Hy gee haar telefoon nommer aan my en ek is nog so verbaas oor die feit dat die meisie se naam op dieselfde dag in sy dagboek ingeskryf staan, dat ek nie eers daaraan dink om vir hom te vra waaroor dit gaan nie!

Ek skakel later die nommer wat pastoor vir my gegee het en vra om met haar te praat. Omdat ek nog nooit ooit ‘n word met haar gepraat het nie, is ek onseker of sy sou weet met wie sy praat. Maar sy verseker my egter dat sy weet wie ek is. Ek sê aan haar dat ek haar graag sal wil sien en dat ek ‘n boodskap het vir haar; ek weet nie wat die boodskap is nie maar weet net dat Jesus wou hê ek die vir haar moes gee. Sy klink toe nogal heel angstig om my te sien en ons maak ‘n afspraak vir die aand 7uur en waar ons mekaar sou kry.

Daardie middag teen 5uur begin ek senuweeagtig raak want “wat gaan ek vir die meisie sê?” Ek weet niks van haar af nie! Ek bel vir pastoor om hom te vra om my meer agtergrond te gee van haar omstandighede, maar hy sê net vining aan my dat hy oppad is na ‘n vergadering toe en dat die Here vir my die boodskap sal gee en dat ek my nie daaroor moet bekommer wat ek aan haar moet sê nie.

Ek ontmoet die meisie op die afgespreekte plek en alhoewel ons altwee eers effens onseker en senuweeaagtig is oor wat om te sê, begin sy vir my haar lewensverhaal te vertel.

****Sy is uit ‘n buite-agtelike verhouding gebore; maar Pa en Ma is toe wel getroud maar sy en haar pa het nie ‘n goeie verhouding gehad nie. Van sy onthou het haar pa net altyd fout gevind met wat sy doen en geen liefde aan haar betoon nie. Dit was kompleet asof hy haar nie in sy lewe wou hê of haar blameer het omdat hy en haar ma “moes” trou. Na matriek kon sy nie gou genoeg uit die huis uitgaan waar sy weg van haar pa se negatiewe houding teenoor haar sou wees; sy het dus die huis sonder toestemming verlaat en ‘n “Hipie”, die destyds genoemde “Blommekinders” geword. Onder die Hipie-gemeenskap, oftewel “Blommekinders” was sy geliefd en gewild; het sy aanvaarbaar gevoel. Kort voor lank het sy swanger geraak, nie regtig besef watter groot verantwoordelikheid dit op haar sou bring en het sy uitgesien na die koms van die baba. Dit was egter nie soos wat dit bestem was om te gebeur nie, want …… voor haar verwagte tyd het sy die baba verloor! Sy was verpletter, platgeslaan, want die baba het vir haar “iets” gegee om voor te lewe en het sy vir die eerste keer tydens haar swangerskap gevoel of sy aan iemand behoort as “die moeder van haar ongebore baba” … die baba sou hare wees en dit sou die moeite werd wees om aan te hou leef; sy het gevoel dat God nie vir haar lief was nie en dat sy daarom haar baba verloor het, omdat Hy haar wou straf ****

Ek het na haar verhaal gesit en luister en meteens geweet hoekom God my moes gebruik om haar te kom sien. Ek was ook in ‘n huwelik van “moes” trou; My kind kon ook nooit iets in sy pa se oë reg doen nie; in my hart het ek baie dae gehuil vir my kind wat so min deur sy vader aanvaar kon word; gehuil oor ‘n mooi verhouding wat as gevolg van ‘n “moet trou” somtyds vertroebel was. Dus kon ek presies verstaan wat hierdie meisie onder haar pa se houding moes deurgemaak het. Sy het gevoel dat God nie vir haar lief was nie en dat sy daarom haar baba verloor het, geglo dat Hy haar wou straf; maar ek het vir haar goeie nuus gehad: “dit is juis omdat God vir haar lief is dat hy vir haar ‘n 2de kans gegee het”!

Sy het nie besef watter verantwoordelikheid dit vir haar sou bring om as jong meisie ‘n kind groot te maak nie! Ek kon haar vertel dat sy as jong meisie nog baie uitdagings in haar lewe kon hê, dat sy ‘n sukses van haar lewe kan maak en kan leer deur die foute wat sy in die verlede gemaak het; dat sy haar pa kan liefhê, hom moet vergewe want dit is nie teen haar as person wat hy gekant was nie maar deur sy omstandighede – weereens verantwoordelikheid wat te vroeg op hul gerus het!

Ek wil u graag aanspoor; wees sensitief vir die Heilige Gees. Vra Jesus om jou as instrument te gebruik. Soos met hierdie geleentheid het God die woorde vir my gegee. Ek het nie geweet wat die omstandighede van die meisie was nie, maar God het ‘n rede gehad waarom hy my gebruik het. Terwyl ek met die meisie gepraat het het dit vir my gevoel asof die woorde wat uit my mond uitkom nie van myself was nie, dit was God wat deur my gepraat het! EN dit was hierdie meisie se Ma aan wie ek die Koringkorrel-kaartjie gegee het ‘n paar maande voor die Here haar naam op my gedagtes gelê het en ek haar toe gaan sien het!

God het toe al die hele prentjie geweet en wat sy plan was – ek was maar net gehoorsaam!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southlands Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button