LettersOpinion

Dankie vir engelmense

Tydens 'n ongeluk aan die begin van Junie wat op die Paul Kruger Snelweg plaasgevind het, is Stefan Geeringh (19) weggeruk uit die lewens van sy familie en vriende.

Ons wil graag die paramedici en Kaperlaandienste wat op die ongelukstoneel was sowels as Pastore Kobus en Jacques van Global Family Church bedank.

Dankie aan die begrafnisondernemer en insleepdienste vir die professionele optrede met die verwydering van die voertuig en die reguleer van die verkeer tydens die begrafnis.

Laastens ook aan almal by Springs Rugbyklub wat Stefan so ‘n kort tydjie deel van hule geledere gemaak het.

So baie name en gesigte het in die proses verlore gegaan, maar julle dade, woorde en bystand sal nooit vergeet word nie.

Dankie aan engelmense soos julle.

Kobus, Cecile, Jacques en familie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button