LettersOpinion

Dankbare familie

Brief geskryf deur 'n dankbare gesin vir hulp verleen aan 'n familielid.

Ons wil net baie dankie sê vir die hulp wat ons onlangs gehad het met my swaer van die Kaap se hartaanval.

Die D.CA lede was puik en binne twee minute op die toneel. Julle is ware staatmakers, asook Rescue 911.

Ongelukkig het ons ‘n bloutjie geloop by Parkland sowel as by die N17 Hospitaal. Parkland het reguit gesê hy kan nie daar opgeneem word en N17 het gesê ons moet eers R3 500 neersit, wat ons wel sou doen, maar as hy in intensiewe sorg eenheid opgeneem word, kan die bedrag in ‘n kort rukkie se tyd oploop na R70 000, wat verstane is.

My swaer het wel ‘n mediese fonds, en volgens hulle het die hospitale verkeerd opgetree, aangesien hulle daar is om lewens te red en nie om weg gewys te word nie.

Die pasiënt kon wel 24 uur daar gehou word en dan oorgeplaas word na ‘n ander hospitaal. Verre Oosrand Hospitaal het geen bed beskikbaar gehad en van daar is die pasiënt vervoer na Pholosong Hospitaal waar ‘n dokter na hom omgesien het.

Ongelukkig het die EKG masjien nie gwerk nie, en kon dit eers die volgende dag gedoen word. Die pasiënt is nog daar waar die dokter na hom omsien.

Ons voel jammer dat die familie dít in Gauteng moes ondervind en deurmaak.

Die kinders in die Kaap is besig om dit op te volg,.

Weereens aan al die D.CA lede. Baie dankie julle is staatmakers.

Die Weideman familie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button