
Eerstens wil ons dankie sê vir Hoërskool Hugenote vir die vervoer wat hulle elke jaar aanbied na en van hul revue.
Dankie aan Springs Rotary Anns vir die uitstappies en ‘n spesiale dank aan Maud and Shirley.
Anza en Joyce van Besige Bytjies het vir oons soetgebak gebring, baie dankie daarvoor.
Dan het 41 inwoners die Brian’s Boswell Sirkus bygewoon, wat moontlik gemaak is deur Genis en Amele Pieterse.
Operation Snowdrop se Ina McDonald, Johan en Jeanette het vir ons kospakkies en musiek verskaf.
Pastoor Hendry Luus het advertensies gedoen vir ons basaar en gesorg vir die sang sowel as die musiek.
Springsgate se besighede het gesorg vir ‘n klomp donasies gedurende die jaar.
Baie dankie aan almal en ‘n Geseënde Kersfees.
Petra Verwey en inwoners.



