LettersOpinion
Middestad verander in vullishoop
Die Springs middestad lyk soos ‘n vullishoop, ons parke is onooglik en die gras op die sypaadjies word nie gesny nie. Die dreine is ook verstop. Metro se verskoning – ‘n gebrek aan fondse. Besef die metro dat Casseldale se straatligte al vir maande dag en nag brand? Kry die metro dalk die elektrisiteit gratis …

Die Springs middestad lyk soos ‘n vullishoop, ons parke is onooglik en die gras op die sypaadjies word nie gesny nie.
Die dreine is ook verstop.
Metro se verskoning – ‘n gebrek aan fondse.
Besef die metro dat Casseldale se straatligte al vir maande dag en nag brand?
Kry die metro dalk die elektrisiteit gratis van Eskom?
Dink net hoeveel werkers betaal kan word om die dorp skoon te hou met geld wat hulle op straatligte in die dag mors.
Casseldale inwoner.
Geen kommentaar was ontvang van die metro teen die tyd dat die koerant gedruk is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



