Dit is n groot verlies as iemand sy lewe moet verloor as hy aan diens is.
Maar dieselfde offisier het my ook ongeveer 4.45vm met ‘n flitslig by dieselfde verkeerslig se voetoorgang gestop.
Eers wou ek nie stop nie. Eerstens omdat die kaping syfer in Dersley baie hoog is en ons word gereeld gemaan om op die uitkyk te wees vir kapers wat hul voordoen as geregsdienaars.
Die betrokke oggend was die offisier wel in uniform maar sonder reflekterende drag om sigbaar te wees en die voertuig was ook ongemerk.
Dit is te verstane waarom ek nie wou stop nie, maar hy het voor my bewegende voertuig ingestap en ek moes die keuse maak om die “verneemde” kaper te trap of te stop, maar ek het gestop.
Toe hy nader stap het ek eers gesien hy dra uniform.
Ek het hom gewaarsku dat iemand hom sal raak ry omdat hy onsigbaar is en ‘n ongemerkde voertuig gebruik, waarop hy geantwoord het: “Ek doen net my werk”.
Hy het my die nodige boete gegee en ek het gery
Die heeldag het ek gedink wat sou gebeur het as ek nie gestop het nie.
Bekommerde leser.



