LettersOpinion

Nog goeie besighede in dorp

'n Brief van 'n dankbare leser

Dit is noodsaaklik dat ek moet sê daar is nog werklik wonderlike besigheidsmense in Springs.

Hiermee wil ek vir hulle dankie sê vir hulle wonderlike ondersteunig en hulp.

Josh het werklik uit sy pad gegaan om my te help met my televisie en alles wat met dit gepaard gaan, en ek het nie eers my televisie by hulle gekoop nie.

Omdat ek ‘n pensionaris is, het hy my met soveel respek en eerbied behandel.

Baie dankie vir almal wat saam met Josh werk, vir wat julle doen, dit word raak gesien.

Die slotmakers in Vierdestraat, dankie vir julle flink optrede en vriendelike diens, ek waardeer julle.

Dan ook vir die sekuriteitsmaatskappy in South Main Reefweg, dankie vir julle geduld en vriendelike diens.

Net om te sê daar is werklik nog mense en besighede wat omgee.

Corrie Heroldt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button