LettersOpinion

Diereparadys in Springs

Hiermee ’n baie groot kompliment aan ’n troeteldierwinkel in Ermeloweg, Springs.

Voorwaar julle het ’n gewone troeteldierwinkel omskep in ’n klein diereparadys.

Ons hoef nie meer ver te ry Boksburg toe om kwaliteit speelgoed en bybehore vir ons troeteldiere te koop nie.

Julle winkel is so netjies en mooi uitgelê met soveel om van te kies en te keur.

Die grootste verrassing is die agterplaas.

Speelplek vir die kinders, bankies in die skadu waar mamma en pappa in die koelte kan sit en ontspan, en die groot verskeidenheid diere.

Hoenders, pappegaaie, ponies, varkies, bokkies, en die groot verskeidenheid tropiese visse.

Vir ons stadskinders is dit ’n dieretuin in die kleine!

Nogmaals geluk en dankie aan Linda en haar vriendelike personeel, julle maak ons Springsmense trots.

Ek wil ons mense regtig aanmoedig om gerus daar ’n draai te maak met kinders en kleinkinders en die natuur te geniet.

Pak ’n piekniekmandjie en gaan geniet die buitelug.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button