Springs pensionaris, Elize Crouch, skryf:
Ons innige dank aan Hoerskool Hugenote vir ’n gratis middag van pensioenarisse bederf op 3 September in die Springs Teater met hul revue Vive!
Ons was meegevoer deur die ritme van bekende en minder-bekende liedjies, uitstekende sangtalent, dansende lywe in kleurvolle kostuums en glimlaggende jongmensgesigte wat die gehoor met hul lewensblyheid oorrompel het.
Die sanggroep en hoofsangers, Megan en Jessica, wat die voorlaaste lied, Barcelona van Queen gesing het, het vir hoendervleisoomblikke gesorg.
Die laaste lied Die Land was onvergeetlik mooi uitgevoer.
Ons dank aan die produksiespan en elke leerder wat deelgeneem het.
Dit was ’n genotvolle middag.
’n Onvergeetlike ondervinding!
Ons wens elke Hugenote-leerder ’n vreugdevolle en gelukkige jongmenslewe toe.
Follow us on our social media platforms:



