Local newsNews

Ondersoek geloods na leerkrag en sy ma saam in ongeluk sterf

Medelye stroom steeds in nadat die gevreesde R42 en R57 kruising weer twee lewens geëis het

VANDERBIJLPARK. – ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek na Gerbrandt Ferreira (33) en sy ma Magda Ferreira (63) die naweek in ‘n grusame motorongeluk op die berugte Kruising van die Dood  (R42 en R57) hulle lewens verloor het.

‘n Vragmotor het na bewering nie by die kruising stilgehou nie.  Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder Sersant Sabelo Sigcu word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.

Volgens Ricardo Erasmus, hoof van die Hoërskool Driehoek, waar Gerbrandt die afgelope vier jaar skoolgehou het word daar ‘n roudiens deur die skool vir eerskomende Vrydag beplan. ‘n Groep leerlinge en krieketspelers het verlede Sondagaand by kerslig ‘n kranslegging gehou om hulle geliefde onderwyser en afrigter te groet.

Gerbrandt se broer Jamie (39) wat in London woon gaan glo die naweek kom om sy suster Merléne Gavin en sy pa Marius by te staan met die begrafnisreëlings.

Gerbrandt en sy ma gaan glo in hul tuisdorp Koster ter ruste gelê word.

 
Back to top button