Local newsNews

Tweede inbraak by DBV Vereeniging in vier weke

Die DBV het vir 'n tweede maal onder hartelose diewe deurgeloop. Hulle sal hul sekuriteit drasties moet opskerp. Hulp benodig

VEREENIGING – Minder as ʼn maand nadat daar by die SPCA Vereeniging ingebreek is, het diewe dit weer gedoen.

Woensdagnag, te midde van ʼn kragonderbreking, het diewe by die buitenste stoorkamer ingebreek en die voorraad wat die DBV gebruik om kersgeskenke toe te draai gesteel. Hulle het ook probeer om in die hoofgebou in te kom en het in die proses die sekuriteitsisteem beskadige n een van die sekuriteitsensors gesteel.

Die alarm het gelukkig afgegaan en die sekuriteitsmaatskappy was binne minute op die toneel, wat verdere skade verhoed het.

Die inbraak het die DBV egter met ʼn groter finansiële las gelaat. Die sekuriteitstelsel sal herstel en opgeknap moet word.

Derhalwe vra die DBV dringend hulp om:

  • ʼn elektriese heining op te sit
  • ʼn sekuriteitswag aan te stel
  • ʼn swaardiens sekuriteithek aan te koop en te installeer

 Die DBV het in ʼn noodkreet op hul Facebookblad gesê: “Ons diere verdien om veilig te wees. Ons personeel moet veilig voel en ons ondersteuners en donateurs moet weet hul geld help die diere in nood.

Hulle kan nie hul bietjie fondse gebruik om skade te herstel nie. Derhalwe vra hul besighede en individue om asseblief te help met die sekuriteit situasie.

Indien jy kan help, kontak hul op  083 292 5862 (hul landlyne is buitewerking weens die kragprobleme) of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Finansiële donasies kan op die DBV se webtuiste gemaak word by https://spca-ver.co.za/index.php/donate/, terwyl elektroniese oorbetalings na die volgende rekening gedoen kan word.

Rekeningnaam:  Vereeniging SPCA

Bank: ABSA Spaarrekening

Rekeningnommer: 9258578888

Takkode: 632005

Verwysing: Security en jou naam.

Donasies kan ook deur PayFast gedoen word:

 R100: https://payf.st/iblx7

R500: https://payf.st/2lzs4

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button